Posts

Showing posts from January, 2020

Cogito ergo sum

Cogito ergo sum Dit was die ontdekking van die groot filosoof, Descartes, baie jare gelede. Ek dink, daarom is ek. Die mens is uniek - 'n denkende wese. Dis 'n voorreg om te kan dink. Maar saam met denke kom ook baie vrae en wonder: oor die lewe, oor God en oor mense. Alle mense is nie denkers nie. Ek ken mense wat verstandelik gestremd is. Hulle dink nie soos ons dink nie en vra nie die vrae wat ons vra nie. Dalk wonder hulle nie so baie soos ek nie. Dalk is verstandelike gestemdheid nie net 'n swaar las nie; dalk is dit 'n seëning...om te aanvaar sonder om te verstaan, om te bewonder in plaas van om te wonder. Dalk het ons denke ons beroof van kinderlike aanvaarding en vertroue. Vra my -  ek weet van wonder en probeer verstaan. Dis iets wat jou mal maak. Saam met die seëning van helder denke kom die vloek en die hel van probeer verstaan...en nie verstaan nie. Die pyn van dag en nag te wonder en aan te hou wonder. Dalk moes Descartes 'n stappie verder gegaan het ...