Posts

Showing posts from June, 2021

God se hande

Van kleintyd af gewonder hoe lyk God se hande...dalk soos myne en joune met 10 vingers? Dalk groot hande wat 'n aardbol kan vashou? Dalk fyn sagte hande soos 'n ma s'n? Daar is al.so baie geskryf oor die hande van God... In die laaste 12 dae in die covidsaal in Potch het ek God se hande gesien. Hully lyk soos mense-hande. Ek het Sy hande gesien in die hande van veepleegsters wat met groot sorg aan my virussiek lyf raak. Sal ek ooit die aand vergeet toe die swart verpleegster my hande vryf met haar moeggewerkte hande en sê: moenie bang wees nie. Daai twee swart hande was God se hande en vir 'n oomblik was ek veilig en gerus.  God se hande bring drie keer 'n dag 'n koppie tee en glimlag vir my en sê: geniet dit. Sy hande lyk soos 'n fisio se hande wat slym probeer losklop dat ek kan asem kry. Sy hande dra houertjies vol pille aan en skink vir my 'n glas water om die pille een vir een af te sluk.  God se hande lyk nie baie anders as mense se hande nie - hul...