My boeta met die pak...
My boeta met die pak... Hy dra altyd 'n pak klere. Ek noem hom sommer pastoor X. Hy was eers 'n pastoor by die AGS-kerk hier naby maar toe het hy afgestig saam met die afgetrede pastoor. Na 'n tyd het hulle twee ook stry gekry en het hy weer afgestig en sy eie kerk hegin. Almal in die dorp praat van pastoor X se kerk. Hy noem my altyd "my boeta" as hy my raakloop. Ek het aanvanklik baie gevlei gevoel maar toe gehoor hy sê dit sommer vir almal. Dalk net 'n mooi manier om te sê ek onthou nie jou naam nie. Of dalk is hy "genuine" en bedoel hy regtig dat ek vir hom 'n boeta is. En hy hou van drukkies. Elke boeta kry 'n stewige druk soos wat Judas vir Jesus ook 'n stewige druk gegee het. Laas week drink ek koffie saam met 'n sakeman in my gemeente. Hy vertel my dat pastoor X gereeld by sy winkel kom draai en sê hulle moet "na sy kerk toe kom". Ek was nogal geskok, teleurgesteld en...kwaad. Ek is dan sy boeta; hoe is dit dan dat...