Posts

Showing posts from January, 2019

Sjoe...

Sjoe... Ek sit saam met my vriend Pieter op die stoep van hulle plaashuis buite Tarkastad. Hy boer met bokke en skape op plase wat al geslagte lank in die familie is. Ons het vanoggend saam met hom gaan lekke uitsit vir die bokke en die skape. Die veld is droog en leeg. Dis een van die droogste tye in sy boerdery. Die plaasdamme is nou almal leeg. As dit nie vir die enkele windpompe en sonpompe was nie, was alles al dood. Sy vrou sê dat die droogte aan hulle vat en ek kan dit sien. Vanmiddag het die wolke mooi begin saamtrek en nou begin dit reën. Dit reën nie op al die plase in die omgewing nie maar vir die oomblik reën dit hier. Ek sit saam met hom op die stoep en kyk vir die reën. Ons praat nie eintlik nie; sit net en kyk. In 'n oomblik se tyd lyk die gras bietjie groener en die veld lyk of dit weer kan lewe. Ek wil my verbeel dat die voëls ook anders gesing het. Ek breek die stilte met "ai, die reën is wonderlik"! My boer-vriend staar net voor hom uit en sê "sj...