Posts

Showing posts from June, 2019

Hallo pappa...

Hallo pappa Dis al 23 jaar dat pappa nie meer hier is nie. Daar het so baie dinge gebeur vandat pappa weg is. Oupa is oorlede, en daarna ook Boetie, tannie Bettie, tannie Es, oom Lourens, oom Japie se seun, Lynette, Coenie, Izak... Tersia se oupa en ouma is ook intussen oorlede. Mamma het baie verswak en bly die laaste paar jare by sussie-hulle. Sy sukkel om te loop maar verder gaan dit eintlik nog goed. Tersia se ma-hulle word ook ouer en het nou hulle huis verkoop om Potch toe te trek. Ek dink so baie terug aan die tyd toe pappa nog by ons was. Ons almal was jonk en gesond en dit het goed gegaan met almal. Die laaste jare het so baie dinge verander. Ek en Tersia bly nogsteeds in Potchefstroom en die Here was goed vir ons - ek verdien dit nie. Ek verstaan vandag meer as ooit wat genade is. Dis genade dat dit goedgaan met ons. Onthou pappa nog ons klein seuntjie wat kort voor pappa se dood gebore is? Hy sing hierdie maand in die Brooklynteater. Ek kan net dink hoe trots sou pappa wee...