Gebed van 'n liturg...
Gebed van 'n liturg... Vader, die uur het gekom. Ek moet binnekort namens U met die mense (en myself) praat en namens die mense met U praat. Ek is bang om te sĂȘ: So spreek die Here. Ek is 'n onwaardige middelman want my eie lewe is vuil en vol merke; soos aan Dawid se hande is daar bloed aan my hande. Ek hakkel soos Moses wanneer ek namens U moet praat. Ek kruip weg soos Elia omdat ek ook soms bang raak. Maar dankie dat U wel gewone mense soos ek gebruik - ek is juis sterk wanneer ek swak is. Dankie vir die voorreg om vanoggend te mag doen wat die profete oor soveel jare gedoen het. Dankie dat ek soos al die rabbi's van ouds die Heilige Skrifte mag oopmaak en daaruit mag lees. Dankie vir 'n Bybel in my eie taal en idioom. Ek bid dat U vanoggend dit sal doen wat ek nie kan doen nie: mense se harte en lewens aanraak wanneer U self met hulle en met my praat. Gee tog dat die saad vanoggend in vrugbare grond val, selfs al sou ekself nooit die vrug sien nie. Mag elke lied w...