Stilte...
Stilte... Eintlik is daar nie iets soos stilte nie, net soos wat daar nie iets soos donkerte is nie. Donkerte is nie iets nie; dis die afwesigheid van iets (lig). Net so is stilte nie iets in homself nie; dis die afwesigheid van iets (klank of geluide). En die mooi van stilte word bepaal deur watter geluid nie daar is nie. As mense vlug na stilte vlug hulle gewoonlik weg van geraas of geluide - dikwels die geraas van die stad of die fabriek of skares mense. Dan is stilte mooi en verkwikkend. Dis genesend. Dis iets waarna 'n mens verlang in ons 24/7-lewe. Maar daar is ook stilte waar 'n geliefde gesterf het - dis 'n hartseer en eensame stilte. Dis 'n stilte waarvan 'n mens wil wegvlug. Dis die seerste stilte wat daar is - vra maar vir die ma wiese kind dood is of die vrou wiese man dood is. Stilte kan ook beteken dat iemand nie met jou praat nie. Ek weet van baie huise met lang stiltes omdat pappa kwaad of ongelukkig is - dis 'n seer stilte. Dis niks anders as ...