Stilte...
Stilte...
Eintlik is daar nie iets soos stilte nie, net soos wat daar nie iets soos donkerte is nie. Donkerte is nie iets nie; dis die afwesigheid van iets (lig). Net so is stilte nie iets in homself nie; dis die afwesigheid van iets (klank of geluide). En die mooi van stilte word bepaal deur watter geluid nie daar is nie. As mense vlug na stilte vlug hulle gewoonlik weg van geraas of geluide - dikwels die geraas van die stad of die fabriek of skares mense. Dan is stilte mooi en verkwikkend. Dis genesend. Dis iets waarna 'n mens verlang in ons 24/7-lewe. Maar daar is ook stilte waar 'n geliefde gesterf het - dis 'n hartseer en eensame stilte. Dis 'n stilte waarvan 'n mens wil wegvlug. Dis die seerste stilte wat daar is - vra maar vir die ma wiese kind dood is of die vrou wiese man dood is. Stilte kan ook beteken dat iemand nie met jou praat nie. Ek weet van baie huise met lang stiltes omdat pappa kwaad of ongelukkig is - dis 'n seer stilte. Dis niks anders as subtiele marteling nie; dis erger as 'n argument wat uitgepraat word. Dis een van die kragtigste wapens wat daar is: jy sê net niks; of jy antwoord nie die sms nie of maak of jy nie die whatsapp gekry het nie. Baie vroue en kinders sal kan vertel hoe vernietigend hierdie stilte is; vriende en kollegas sal.ook weet. Daar is 'n ander soort stilte - die stilte waar God stil is - 'n Goddelike stilte. Geen openbarings, geen gesigte, geen gebedsverhoring... Dis nie lekker nie maar dis heilige grond. Dis skoene-uittrek-stilte. Dis wagtyd en vertroutyd. Ek weet nie waarom nie maar vir die gelowige is dit steeds 'n veilige stilte - nie lekker nie maar veilig. God het nog nie geantwoord nie, maar Hy SAL antwoord. Hy sal help op Sy tyd en op Sy manier. Hy hoor en verhoor al is Hy stil. Ons beleef tans so 'n tyd. Dis nie lekker nie, maar dis heilig. En dis veilig, want Hy sal antwoord...

Comments
Post a Comment