Liewe mamma...
Liewe mamma. Ek sit vanaand alleen in die voortuin; almal is nog uit. Van gisteraand af dink ek so baie aan mamma. Ek wou gisteraand bel en sĂȘ die bejaardefunksie was baie lekker - mamma sou dit geniet het. Klomp van die tannies wat mamma ken was daar...maar 'n klomp plekke was leeg...mamma s'n ook. Sussie het vir my al die papiere en state gestuur sodat ek mamma se boedel kan doen - Absa (vir wie mamma soveel jare gewerk het) wil nie meer die eksekuteer wees nie omdat die boedel "te klein" is. Die bliksems gee nie regtig om nie, mamma, dit gaan oor rand en sent. Hulle meet 'n mens se lewe in rand en sent. Dit wat mamma nalaat kan nie in rand en sent gemeet word nie. Dit was vir my baie erg toe mamma se hele lewe en aardse besittings in 'n A4-koevert afgelewer word. Vir die eerste keer sien ek mamma se testament...die bietjie wat mamma oorgehad het gee mamma vir ons. Ai mamma, ek waardeer dit so baie, maar my hart is vanaand so seer. Mamma het met so min klaar...