Eenvoudige mense
Dagstukkie – 20 Januarie 2025 “Ek prys U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het” (Mat. 11v25-26). Toe ons vanoggend hierdie vers lees asook oom Clifford se mooi aanbieding, kon ek nie help om te dink aan dit wat iemand eenmaal geskryf het nie: die mense wat die grootste indruk op ons maak, is NIE die mense wat ons iewers in ’n hoek vaskeer en probeer “bekeer” nie, maar die mense wat hulle geloof in alle eevoud en opregtheid uitleef. Op my en Tersia se pad was daar talle sulke “eenvoudige” mense wat ons lewens aangeraak het. Ons onthou oom Frans, die Sondagskoolhoof, wat elke Sondag die opening gedoen het, die verjaarsdae gelees het, en ons laat sing het. Ons onthou vir oom Josef, die dienende leier-ouderling wiese dogter in ’n motor-ongeluk oorlede is – hoe hy daardie jare die eredienste op kassette opgeneem het en versprei het. As ek vroeg-oggend by die kerk kom, was oom J...