Hospitaal
Vrydag refleksie - 7 Maart 2025 Elkeen van ons gaan iewers in ons lewe in 'n hospitaal draai. Dalk het jy alreeds; dalk het jy reeds baie dae van jou lewe in 'n hospitaal deurgebring; dalk is jy op hierdie oomblik in 'n hospitaal. 'n Hospitaal is presies wat dit sĂȘ: hospitaal. Dis 'n plek vir siek mense, of mense wat seer het. Sommige mense kom in en gaan vinnig weer uit; ander bly dae of weke of moet gereeld terugkom. Party mense word behandel en dan is hulle gesond; ander word behandel maar word nie gesond nie. Die aarde is nog stukkend; alles en almal word nie gesond nie. In elke hospitaalsaal kry jy die grootmonde - almal moet hoor van al hulle kwale en skete - hulle vertel dit graag vir almal. Daar is ook die lawaaimakers - niks is ooit reg nie: die kos is te min; die verpleegster is te stadig en die dokters wil net geld maak - niks is ooit reg nie. Maar in elke saal is daar ook die (meerderheid) stille gelowiges. Hulle is diep bewus van hulle eie broosheid en ...