'n Ark en 'n Mercedes
Vrydag refleksie - 2 Januarie Vir 'n klompie goedgelowige Christene in Ghana was dit nie 'n lekker kersfees nie. Om die waarheid te sĂȘ: hulle is teleurgesteld en kwaad. Hulle het kaartjies gekoop om in die ark in te gaan voor die groot vloede wat op 25 Desember sou begin. Een van die baie profete, wat homself as profeet verklaar het, het aanspraak gemaak daarop dat die Here vir Hom gewys het hier kom 'n tweede (sond)vloed en hy moet 'n ark bou. Hy het klaarblyklik genoeg kaartjies verkoop vir 8 arke. Maar die vloed het nie gekom nie en hy het vir homself 'n duur Mercedes motor gekoop uit die kaartjieverkope van die ark. 'n Mens kan maar net lag...of dalk eerder huil. Soveel mense is al miskei deur dominees of pastore of profete wat vir hulleself meer gesag toe-eien as wat die Here vir hulle gegee het. Daar is groot rooiligte wat flilkker as mense meer gesag as die Bybel kry - maak nie saak hoe wonderlik hulle is nie. Paulus waarsku ons selfs teen mense wat aller...