Dit kom eers Vrydag...
Dit kom eers Vrydag... Dis Woensdag 25 Maart. Die president het die vorige aand die aankondiging gemaak dat die hele land van Vrydag af in 'n lockdown-fase ingaan vir 21 dae. Dis een dag later. Sy sit in die hoekie van die vertrek waar almal praat oor Corona en COVID-19. Nadat sy lank niks gesê het nie kom die woorde skielik oor haar lippe: "Die virus kom gelukkig eers Vrydag". Ons kon nie help om te glimlag nie, maar ook jammer en hartseer te voel. In haar wêreld kom dit eers Vrydag. Vir baie mense sou dit eers Vrydag kom. Die winkels was Donderdag oorvol en gepak met mense want die virus kom eers Vrydag. Baie mense het Donderdagaand nog eers gekuier en partytjie gehou, want die virus kom eers Vrydag - amper soos 'n komeet wat darem eers Vrydag sou tref. 'n Mens dink onwillekeurig aan Paulus se woorde "laat ons eet en drink want more sterwe ons". 'n Ander tannie sê Donderdagmiddag vir ons dat dit sommer nonsens is - sy kry elke jaar verkoue. My ha...