Dit kom eers Vrydag...
Dit kom eers Vrydag...
Dis Woensdag 25 Maart. Die president het die vorige aand die aankondiging gemaak dat die hele land van Vrydag af in 'n lockdown-fase ingaan vir 21 dae. Dis een dag later. Sy sit in die hoekie van die vertrek waar almal praat oor Corona en COVID-19. Nadat sy lank niks gesê het nie kom die woorde skielik oor haar lippe: "Die virus kom gelukkig eers Vrydag". Ons kon nie help om te glimlag nie, maar ook jammer en hartseer te voel. In haar wêreld kom dit eers Vrydag. Vir baie mense sou dit eers Vrydag kom. Die winkels was Donderdag oorvol en gepak met mense want die virus kom eers Vrydag. Baie mense het Donderdagaand nog eers gekuier en partytjie gehou, want die virus kom eers Vrydag - amper soos 'n komeet wat darem eers Vrydag sou tref. 'n Mens dink onwillekeurig aan Paulus se woorde "laat ons eet en drink want more sterwe ons". 'n Ander tannie sê Donderdagmiddag vir ons dat dit sommer nonsens is - sy kry elke jaar verkoue. My hart krimp ineen want sy is 84 jaar oud. Hierdie virus het geen genade vir 'n tannie van 84 jaar nie - hy sal die lewe en elke stukkie asem uit haar wurg. Dis nou twee dae later en almal sit vir die derde dag in hulle huise. Ons kyk die statistieke en sien hoe die monster nader kruip - treetjie vir treetjie. Binnekort sal dit groot treë wees en dan "giant leaps". Ek sidder as ek dit skryf. Ek dink weer aan die tannie in die hoek. Sy is ook ver in haar jare en 'n weerlose slagoffer. Ek hoor weer haar woorde: "Dit kom eers Vrydag". Ek wens dit was waar, maar dit is nie. Dit was 'n maand gelede al hier: in Gauteng, Natal en die Kaap en nou ook in Noordwes en in Potch, in die Spar, die Poskantoor, die mall en die kerk: alomteenwoordig. Ons weet nie wat wag nie, maar ons weet ook van Iemand wat ook (onsigbaar) hier is. Immanuel. God by ons. Alomteenwoordig. Dis ons enigste hoop...

Comments
Post a Comment