Vir Johanette...
Ek vra jou
is dit regtig liefde
as dit sommer net op kan hou
en jy 'n ander trou?
Is liefde dan nie
die belofte om
uit te hou
en aan te hou?
Waar is die beloftes
en drome
van soveel jare?
Was ons eenword nooit een
en elke intieme oomblik 'n leuen?
Het ek myself gegee -
my siel, my liggaam, my drome
vir iets wat nie regtig was
en nie langer in jou lewe pas?
Ek vra jou -
ek het jou vertrou -
dis al vir nou...
© Coenie Calitz 2024
Comments
Post a Comment