COVID-19 kombersie
COVID-19 kombersie
Die wêreld lyk van gister af anders. Na Sondagaand se aankondiging deur ons President hang daar 'n COVID-19 kombersie oor ons land. Soos wat die kombersie oor Tafelberg die mooi pieke toemaak, so maak hierdie kombersie so baie mooi dinge toe. Elke mens het skielik verander in 'n moontlike draer van die virus. My hande het 'n risiko geword vir my eie oë en my eie gesondheid. Die rakke is leeg gekoop deur hulle wa tgenoeg geld het om vooruit te koop en af te sonder. Daar is nie meer maskers beskikbaar nie want dit is opgekoop en weggepak vir hulle wat dit eerste in die hande kon kry. Only the strongest will survive. My hart haan uit na hulle wat in kamers of shacks bly en wat nie kan afsonder nie. Ek dink aan die duisende mense wat in die rye by staatshospitale sit en wag sonder behoorlike spasie en lugversorging. Dis nog net een dag ver maar ek mis die drukkies en handdrukke. Ons groet met die elmboog en lag lekker met 'n traan in die oog. Die wêreld voel skielik droewig. 'n Paar onkundige en ongevoelige mense maak nog grappies oor die virus maar eintlik voel niemand na lag nie. Ons wêreld het verander. Eredienste en saamwees sal binnekort plek maak vir onpersoonlike streaming-byeenkomste. Amerika en Duitsland baklei vir die alleenreg op medikasie - solank my eie mense net oorleef. Dis 'n toets vir die mensdom en dit 'n toets vir die kerk. Gaan ons deel wees van the strongest will survive of gaan ons ook vir die swakkes en bejaardes help om te oorleef? Gaan ons die kos en maskers wat ons opgegaar het deel met hulle wat nie kon opgaar nie? Gaan ons doodgewoon tevrede wees met 'n streaming-kerk of gaan ons handskoene aantrek en maskers opsit en daar wees waar mense ly? Saam met Louis Britts se lied bid ek: Here, gee vir ons gekruisigde voete wat sal loop waar Hy sou loop...

Comments
Post a Comment