Posts

Showing posts from February, 2021

Skoolliefde

 Dit voel soos nou die dag maar dis 37 jaar terug die Aero agter die buitekamer die dertig Rand ring van Best koffie by House of Coffees "pie & gravy" by die varsity souttert voor die Uniegebou die tyd het so vinnig geloop dit was lekker om jou raak te loop in Kaapstad en Ramsgate en Rustenburg jy lyk goed soos altyd binne en buite mooi daar is niemand soos jy niemand so lank jou misgekyk so dikwels jy bly in dieselfde straat as ek so naby en so ver myne jy was daardie tyd en sal altyd wees...

Baas van die speletjie

Ek onthou kleintyd se speel jy kies die speletjie en maak die reëls jy's die speletjie se baas Ek onthou groottyd se speel jy kies die speletjie en maak die reëls ses jaar lank en ek speel saam maar jy wen en ek verloor Die wiel draai en  en na 6 jaar lag vir jou sien alles en sê niks sonder dat jy weet het ek die baas van die speletjie geword en op die regte tyd haal ek die troefkaart uit