Skoolliefde
Dit voel soos nou die dag
maar dis 37 jaar terug
die Aero agter die buitekamer
die dertig Rand ring van Best
koffie by House of Coffees
"pie & gravy" by die varsity
souttert voor die Uniegebou
die tyd het so vinnig geloop
dit was lekker om jou raak te loop
in Kaapstad en Ramsgate en Rustenburg
jy lyk goed soos altyd
binne en buite mooi
daar is niemand soos jy
niemand
so lank jou misgekyk
so dikwels
jy bly in dieselfde straat as ek
so naby
en so ver
myne
jy was daardie tyd
en sal altyd wees...
Comments
Post a Comment