Baas van die speletjie
Ek onthou kleintyd se speel
jy kies die speletjie
en maak die reëls
jy's die speletjie se baas
Ek onthou groottyd se speel
jy kies die speletjie
en maak die reëls
ses jaar lank
en ek speel saam
maar jy wen en ek verloor
Die wiel draai en
en na 6 jaar
lag vir jou
sien alles en sê niks
sonder dat jy weet
het ek die baas van die speletjie geword
en op die regte tyd
haal ek die troefkaart uit
Comments
Post a Comment