Donker gange
In koue kliniese universiteitsgange word gefilosofeer en kunstig geredeneer oor definisies vir omgee en liefhê wat in boeke en artikels beskryf kan word vir die genot en erkenning van die akademi-sie. In donker benoude gange en hospitaalkamers vat 'n swart verpleegster my hand en sê ek moenie bang wees nie - twee rowwe verpleegsterhande verander in die sagte hande van God en 'n skoonmaker trek die beddegoed reg - ek voel skoon en menswaardig koffie en beskuit word soos nagmaalbrood en wyn en ek dank die God wat na my toe kom in die donker gange van my lewe....