Donker gange

In koue kliniese universiteitsgange

word gefilosofeer en kunstig geredeneer

oor definisies vir omgee en liefhê

wat in boeke en artikels beskryf kan word

vir die genot en erkenning van die akademi-sie.


In donker benoude gange en hospitaalkamers

vat 'n swart verpleegster my hand en sê ek moenie bang wees nie - twee rowwe verpleegsterhande verander in die sagte hande van God

en 'n skoonmaker trek die beddegoed reg - ek voel skoon en menswaardig

koffie en beskuit word soos nagmaalbrood en wyn

en ek dank die God wat na my toe kom in die donker gange van my lewe....

Comments

Popular posts from this blog

Reünie

Vir Johanette...