God se hande
God se hande PSALMS 89:14 "U het 'n magtige arm, sterk is u hand, kragtig u regterhand". Hande fassineer my. Ek kyk graag na mense se hande. Elke mens se hande lyk en voel anders. Soms vertel mense se hande iets van hulle lewensstorie. Mans wat met hulle hande werk, het dikwels groot, growwe hande. Musikante het dikwels fyner, sagter hande. Ek sal nooit oom Jantjie se hande vergeet nie. Hy was diep in die tagtigs. Wanneer ek hom met die hand groet, het my hande weggeraak in sy reuse hande. Maar dit was die sagste hande wat ek ooit by 'n man gesien het. Liefdevolle hande. Oom Kinnie se hande was groot en sterk. Hy het vroeƫr in die myn gewerk en daarna met yster gewerk. Dit was sterk maar liefdevolle hande - hande wat jou laat veilig voel het. My ma se hande was krom en effens verwronge. Jare se artritis het haar klein sagte hande verander in ongemaklike, seer hande. Dit was hande wat hard gewerk het en alles vir haar kinders gedoen het. Die Bybel praat dikwels v...