Immanuel - God by ons?
Vrydag refleksie - 12 Desember Die voorbladberig oor Karin van Aardt in die Burger verlede Maandag wil my nie los nie. 'n Oud-juffrou, ma en ouma, vlieg saam met haar man van Mbombela se lughawe na Kaapstad lughawe om by haar enigste kleinkind se verjaardag te wees. Hulle stuur 'n boodskap van die lughawe af om te sê hulle het veilig geland (ons doen dit ook altyd) en vertrek nou na Vredenburg toe. Die GPS neem hulle met die verkeerde pad vanaf die lughawe - deur Langa. By 'n robot word hulle ruit uitgeslaan en sy word verskeie kere met 'n mes gesteek - en sterf. Dit alles net om 'n handsak te steel. 'n Mens se lewe het nie meer baie waarde in ons land nie - nie meer as 'n handsak of beursie of selfoon nie. Dis moeilik om hierdie dinge te verstaan. Waar was God toe dit gebeur het? Was Immanuel, God by ons (Mat 1:23), dan nie daar nie? Hoe laat Hy sulke wrede dinge toe? Waarom gryp Hy nie op so oomblik in en red 'n weerlose vrou nie? Ons hoor so dikwels i...