Alzheimers....
Alzheimers...
Ons stap deur die ouetehuis tot by die groot staal traliehek waar jy 'n lang kode moet insleutel om in te gaan. Sy sit by haar man; sy was netnou nog in die kerk en nou sit sy hier by hom vir die res van die dag. Sy doen dit elke dag, alreeds vir die laaste twee of drie jaar. Dit val my op hoedat haar hande syne vryf; hoe sy gedurig aan sy gesig vat en probeer oogkontak maak. Dit moet erg wees as die mense vir wie jy die liefste is dit nie meer kan sê nie...en dalk ook nie meer verstaan nie. Ek bewonder haar lojale liefde - hoop ek kan eendag so wees as ek so 'n pad moet loop. Ek sit die broodjies op die kassie langs hom neer, en skink die druiwesap in die klein nagmaalkelkies. Ons doen 'n gebed, en deel dan die brood en druiwesap uit. Hy peusel stadig daaraan sonder om op te kyk of iets te sê. Ek sal haar woorde altyd onthou: geniet dit! Ek weet nie hoeveel hy daarvan verstaan nie, maar ek weet dat die Een wat dit vir hom gedoen het, verstaan het. Hy het geweet hy sterf vir slim akademici en goedgekatkiseerde lidmate...maar Hy het ook gesterf vir die wat die nie verstaan nie of nie meer kan verstaan nie. Die krag van brood en wyn en genade lê nie in ons eie verstaan nie, maar in Sy liefdesdaad. Ek sit en kyk vir hom terwyl hy langsaam die broodjie eet en die druiwesappie drink en ek stem saam met sy vrou: geniet dit! Dis God se genade vir hom en vir my...en dit moet geniet word...

Comments
Post a Comment