Soos 'n ma...
Soos 'n ma...
Sy lê nou in 'n bedjie in 'n kamertjie in die outehuis. Dit voel soos nou die dag wat ons haar ontmoet het. Sy was 66 jaar oud en betrokke by 'n magdom aksies, bedieninge en groepe: kerkraad, vrouediens, spyseniering, blommeklub, noem maar op. En oral waar sy gekom het het sy mooi en diep spore getrap. Die dag, 23 jaar gelede, toe ons in Potchefstroom aankom het sy vir ons broodjies en blomme gebring. Daardie selfde aand het sy kos gebring vir ons en ons familie - met nagereg en wyn. Oor die jare het sy vir ons soos 'n ma geword. Ons sou 23 jaar gelede nie kon raai watter rol sy in ons lewens sou speel nie. Saterdae het ons saam met haar rugby gekyk; Sondagaande het ons koffie gedrink en gekuier. Sy het mooi en stadig oud geword, tot 'n jaar gelede. In 'n oogwink het sy siek geword en skielik was sy oud. Nou lê sy in haar bedjie in die ouetehuis. Ons kuier elke aand by haar: koop koffie by die kiosk by die motorhawe en dan kuier ons by haar bed. Sy praat onophoudend. Haar verstand is nog glashelder. Ek het altyd gedink dat sy nooit sal aanvaar dat sy nie meer in haar eie huis kon bly nie. Maar sy is tevrede - tevrede dat sy alles moes agterlaat en 'n huis ruil vir 'n kamer. En al lê sy net in haar bed trap sy steeds groot en diep spore - in ons lewens en in almal om haar se lewens. Deur die loop van die jare het ek so baie lesse by haar geleer...oor toewyding, passie, vrygewigheid, vriendskap en veral geloof. Ek leer steeds elke dag by haar kosbare lesse....oor tevredenheid. Om vrede te maak met die dinge in jou lewe wat jy nie kan verander nie. Ek besef sy gaan nie vir altyd hier wees nie. Een of ander tyd sal sy moet weggaan; die klein kamertjie ruil vir 'n hemelse woning. Dis waarvoor sy gelewe het en steeds lewe. Maar tot dan sal ons elke dag koffie koop en om haar bedjie sit en lag en huil oor die mooi en die seer van die lewe...

Comments
Post a Comment