Kwaad mense....

Kwaad mense...

Sy is lankal in ons gemeente. Ek ken haar baie goed. Sy was eens op 'n tyd vir my 'n mooi mens. In die laaste twee jaar is sy deur groot dieptes en het sy seer gekry. Ek het dikwels met haar gesels maar dit was nie maklike gesprekke nie. Iewers, in die laaste twee jaar het die mooi mens verander in 'n kwaad mens; nie 'n kwaai mens maar 'n kwaad mens. My seun sê altyd: sy word nie kwaad nie - sy IS kwaad. Oral waar sy kom bring sy ongelukkigheid. Sy stamp koppe met almal, groet nie mense van wie sy verskil nie, loop mense met wie sy ongelukkig is storm en vermy nie 'n kop aan kop konfrontasie nie. Sy is 'n kwaad mens. In haar hart glo sy sy is nader aan die Here as enige iemand anders. Sy noem die sondes van die ander hardop; sy skroom nie om die hammer op te tel en die spyker in te slaan nie. Sy is kwaad. Kwaad vir haar x-man, haar kinders, haar mede-leiers by die kerk....en kwaad vir my. Ek raai sy is eintlik ook kwaad vir die lewe en vir God. Kwaad mense vat die vreugde weg uit bedienings en kerke. Ek sien hoe sy klomp mense om haar seermaak. Ek bid saggies maar gereeld: Here, kom verander haar (en ons)? En as sy nie kan verander of wil verander nie...Here, laat sy weggaan na 'n kwaad gemeente waar kwaad mense op hulle kwaad manier saam vir U kan aanbid...

Comments

Popular posts from this blog

Reünie

Vir Johanette...