Posts

Showing posts from August, 2018

The funeral is exciting...

The funeral is exciting... Ek sit by die groot Vodacom world langs die N1 en wag om te hoor of hulle my selfoon of die inligting daarop kan red. 'n Groot TV teen die muur wys Vodacom se eie TV-kanaal. Skielik is daar 'n rooi Vodacom-skerm met die woorde "the funeral is exciting". Ek kan nie glo wat ek sien nie. Ek sit my bril op en kyk weer. Daar staan nie "the funeral is exciting nie" maar "the future is exciting". Sjoe, ek voel verlig! Die woorde verskil min maar die betekenis baie: "funeral" wys na iets wat gerby is; "future" verwys na iets wat kom. Ja, ek is verlik maar ek voel ook skaam dat 'n selfoonmaatskappy vir my moet herinner dat die toekoms opwindend is. Dis eintlik die kernboodskap van die Bybel - die toekoms is opwindend. Vir Abraham het daar 'n land en 'n'n nageslag gewag; vir Israel hulle eie land; vir die Ou Testament-volk 'n Redder en vir die Nuwe Testament-kerk 'n wederkoms. Ek is ska...

Kruispad...

Kruispad... Ek ry elke dag deur talle kruispaaie. Soms is daar 'n stopteken en soms net 'n toegee-teken. Ons ry eintlik baie meganies oor kruispaaie - dikwels salig onbewus dat dit 'n kruispad is. En elke kruispad het meer as een opsie: reguit ry, links draai, regs draai, omdraai of sommer net vir altyd by die kruispad bly sit uit vrees om die verkeerde keuse te maak. Of om die pad te ry wat ek elke dag ry sodat ek kan uitkom waar ek elke dag uitkom. Ou paaie is veilig maar vervelig. Nuwe paaie is onbekend maar dikwels weer gevul met 'n nuwe mooi en 'n nuwe bewondering. Die lewe self is ook vol allerhande soorte kruispaaie. En elke kruispad is vra vir nuwe keuses: dieselfde pad as gister of 'n nuwe pad met nuwe scenery . Die kleiner kruispaaie is bietje makliker; die groter kruispaaie is moeiliker. Dink maar net aan die kruispad van 'n mense se beroep; of vriende; of verhoudings; of geloof. Dis moeilike kruispaaie. Die maklikste opsie is om die roete te vo...

Die dood van 'n selfoon...

Die dood van 'n selfoon... Hy is laas Sondag dood. Hy het in die water geval en verdrink. Ek ken al die reëls: haal die selfoon uit, haal die battery uit, plaas die selfoon in rys en wag 24 uur. Ek weet dit maar ek het dit nie gedoen nie want ek het vir 'n belangrike boodskap gewag. Ek spandeer 'n (te) groot deel van my lewe om vir belangrike boodskappe te wag...boodskappe wat dikwels nie kom nie. Maar ek kan dit nie omdraai nie - my selfoon is dood. Een oom het my getroos met "dis sommer net aardse goed". Vir my is die dood van 'n selfoon geen geringe saak nie. Natuurlik kan die selfoon vervang word, maar die inhoud kan nie. Laas Sondag het ek nie net 'n selfoon verloor nie - ek het baie memories verloor: foto's, teksnotas maar meeste van alles my elektroniese dagboekie. Twee jaar se afsprake, rekords, registers en bewyse. Die afgelope paar dae het ek alles probeer om die inligting te herwin maar ook dit het my duur te staan gekom. Gister het ek ...