The funeral is exciting...

The funeral is exciting...

Ek sit by die groot Vodacom world langs die N1 en wag om te hoor of hulle my selfoon of die inligting daarop kan red. 'n Groot TV teen die muur wys Vodacom se eie TV-kanaal. Skielik is daar 'n rooi Vodacom-skerm met die woorde "the funeral is exciting". Ek kan nie glo wat ek sien nie. Ek sit my bril op en kyk weer. Daar staan nie "the funeral is exciting nie" maar "the future is exciting". Sjoe, ek voel verlig! Die woorde verskil min maar die betekenis baie: "funeral" wys na iets wat gerby is; "future" verwys na iets wat kom. Ja, ek is verlik maar ek voel ook skaam dat 'n selfoonmaatskappy vir my moet herinner dat die toekoms opwindend is. Dis eintlik die kernboodskap van die Bybel - die toekoms is opwindend. Vir Abraham het daar 'n land en 'n'n nageslag gewag; vir Israel hulle eie land; vir die Ou Testament-volk 'n Redder en vir die Nuwe Testament-kerk 'n wederkoms. Ek is skaam oor my eie kleingeloof en pessimisme oor die toekoms. Dink maar aan al die Bybelse beloftes van 'n nuwe tyd en uitkoms en goeie tye. Ja, die toekoms is opwindend! Dalk moet ons bokant elke kerkdeur skryf dat die toekoms opwindend is. As Vodacom wat net selfone maak en netwerke skep dit kan sê, hoeveel meer die kerk...God se kerk. Ek maak opnuut 'n keuse om my nie op te hou met pessimistiese en negatiewe mense nie. Die toekoms behoort aan God; ek ook en die kerk ook. Saam met Vodacom sê ek: the funeral (future) is exciting....

"Moenie net dink aan vroeër tye nie, Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here..."

Comments

Popular posts from this blog

Reünie

Vir Johanette...