Die dood van 'n selfoon...
Die dood van 'n selfoon...
Hy is laas Sondag dood. Hy het in die water geval en verdrink. Ek ken al die reëls: haal die selfoon uit, haal die battery uit, plaas die selfoon in rys en wag 24 uur. Ek weet dit maar ek het dit nie gedoen nie want ek het vir 'n belangrike boodskap gewag. Ek spandeer 'n (te) groot deel van my lewe om vir belangrike boodskappe te wag...boodskappe wat dikwels nie kom nie. Maar ek kan dit nie omdraai nie - my selfoon is dood. Een oom het my getroos met "dis sommer net aardse goed". Vir my is die dood van 'n selfoon geen geringe saak nie. Natuurlik kan die selfoon vervang word, maar die inhoud kan nie. Laas Sondag het ek nie net 'n selfoon verloor nie - ek het baie memories verloor: foto's, teksnotas maar meeste van alles my elektroniese dagboekie. Twee jaar se afsprake, rekords, registers en bewyse. Die afgelope paar dae het ek alles probeer om die inligting te herwin maar ook dit het my duur te staan gekom. Gister het ek 'n laaste opinie gaan kry en my grootste vrees is bevestig: hy is dood. Ek begrawe baie mense en ek weet die dood is finaal. Saam met die finaliteit van dood kom die fases van verlies: skok, ontkenning, angs, aggressie en depressie. Ek het hierdie fases in die afgelope week 'n honderd maal deurleef en beleef - veral die aggressie teenoor myself. Maar die dood is finaal. My eerste selfoon se dood was makliker want dit was net 'n telefoon. Vandag is dit moeiliker: dis 'n rekenaar met twee jaar se herinneringe, notas, foto's en beplanning. Soos Job se vriende met hulle slim raad hoor ek ook elke oomblik die slim raad van die toeskouers: jy moes alles ge-backup het. Die ergste van alles is dat ek dit alles weet en grotendeels gedoen het, maar nie met alles nie. Die feit van die saak is dat hy dood is en saam met hom is 'n stukkie van myself ook dood. Dalk moet ek 'n klein begrafnissie hou en 'n eenvoudige formulier skryf vir die die begrafnis van 'n selfoon; 'n blommetjie neersit en omdraai en wegloop en net weer aangaan. Maar afskeid en rou neem tyd. En op my gebroke manier hou ek vas aan Dawid se woorde dat die Here selfs in hierdie doodsvallei by my is...

Comments
Post a Comment