Agterdog 2
Agterdog-2
Was agterdog soos rook
sou ek iets kon koop
wat ek kon kou
om op te hou
Was agterdog soos drank
sou ek reeds lank
gelede berading kry
om my van hierdie hel te bevry
Dis meer soos 'n gewas
wat groter word en bars
en alles besmet
en niemand wat kan red
Soveel keer die Here gevra
dat ek nie langer die las wil dra
want ek weet dat net Hy
my van hierdie hel kan bevry
en telkens die boodskap gekry
Sy genade is genoeg vir my
Was agterdog soos rook
sou ek iets kon koop
wat ek kon kou
om op te hou
Was agterdog soos drank
sou ek reeds lank
gelede berading kry
om my van hierdie hel te bevry
Dis meer soos 'n gewas
wat groter word en bars
en alles besmet
en niemand wat kan red
Soveel keer die Here gevra
dat ek nie langer die las wil dra
want ek weet dat net Hy
my van hierdie hel kan bevry
en telkens die boodskap gekry
Sy genade is genoeg vir my
Comments
Post a Comment