Never argue
Vrydag refleksie - 29 Aug Tannie Ethal Caterham het hierdie week 116 jaar oud geword. Sy is tans die oudste lewende mens op rekord in die wêreld. Sy is op 19 Aug 1909 in Hampshire, Engeland gebore - drie jaar voor die Titanic gesink het. Dis lank terug. In hierdie 116 jaar het sy al die groot veranderinge in die wêreld gesien en beleef: twee wêreldoorloë, ses monarge en 27 Eerste ministers in Engeland. Sy het die maanlanding beleef, ontwikkeling van die TV, rekenaars, internet en nou ook AI en die eerste mens-robotte (humanoids). Wat is die geheim vir haar lang lewe? Toe hulle vir tannie Ethal vra waaraan sy haar lang lewe toeskryf, het sy geantwoord: "Never argue". Interessant, sy skryf haar hoë lewensjare nie toe aan oefen of 'n gesonde dieët nie, maar aan 'n eenvoudige lewensles: "don't argue". Sy sê sy het geleer dat jy na ander mense luister (sonder om te redeneer) en dan doen wat jy in elke geval gedink het jy moet doen. Ons spandeer nogal baie tyd...