Die wêreld is aan die brand....
Vrydag refleksie - 28 November Die wêreld is aan die brand. Letterlik. Vir dae lank hang die wit rook oor land en see. Gansbaai is al dae lank sonder krag en internet. Die brande het alles verwoes: kragdrade, internet kabels, fynbos, bye...alles. Vuur en vlamme is genadeloos; dit verteer alles. Dis nie net in Gansbaai nie. Ry jy oor die berg Kaap toe, sien jy die vlamme en digte rook oor die berg. Laas week het die berge bo Botrivier gebrand. In Danabaai leef die mense in vrees vir die vlamme wat al hoe nader kom. En in die Tsitsikamma het die brande die stok-ou Morawiese kerkie verwoes. Vuur en vlamme vra nie vrae nie - dit reduseer alles wat mooi was tot dooie, swart as. Vra maar vir die mense in Hong Kong. Ja, die wêreld is letterlik aan die brand. 'n Mens kan nie help om te wonder hoe die brande amper gelyktydig oral ontstaan nie. Dalk is daar natuurlike oorsake; dalk nalatigheid of selfs brandstigting. Kan 'n gesonde, rasionele mens trots voel op 'n berg wat afgebrand ...