Doop...
Doop...
My liewe kind. Jy is in jou vroeë 20's. Dit voel soos nou die dag toe ons met jou voor die kansel gestaan het. Ons was baie gelukkig - nooit gesukkel om kinders te hê nie. Op die regte tyd het jy gekom, en twee jaar later, op die regte tyd, jou boetie. Jy lyk vandag besonder mooi met jou doopklere. Die ander ouerpaar wat saam met ons doop het water van die Jordaanrivier saamgebring vir hierdie groot dag. Dis wonderlike simboliek, maar niks beter of heiliger as water uit die Apiesrivier nie. Ons het baie uitgesien na vandag. Ek en mamma het eintlik van kleintyd af saam met die Here gekom; of nog beter gestel: Hy het saam met ons gekom. Ek onthou dat ek in graad 9 die eerste keer my hart vir die Here gegee het tydens 'n CSV kamp my die see. Maar ek sal jok as ek sê dat ek die Here eers daar leer ken het. Ek kan eintlik nie 'n dag onthou wat ek Hom nie geken het nie. Ek sê dankie vir my ma. Sy het my van kleintyd af van die Here geleer, en ek was bevoorreg om saam met Hom groot te word. Ek is ook klein gedoop, en baie trots daarop...nie soseer op my pa en ma se sterk geloof of omdat ek 'n goeie baba was nie. Nog minder op my eie geloof. Sommer net oor God se genade. Kleindoop gaan net oor genade - jy self is te klein om 'n bydrae te lewer. En hier staan ek en mamma vandag. God was getrou en het van kleintyd af met my en mamma 'n baie spesiale pad geloop. Nou staan ons met jou voor die kansel met die lekker wete dat God met jou ook so 'n spesiale pad sal loop. Jy hoef nie eendag Sy kind te word nie; jy is reeds Sy kind. Ons belowe om jou groot te maak as Sy kind. Jy kan Hom elke dag net beter leer ken, en Sy genade meer en meer ervaar. My kind, daar gaan baie mense op jou pad kom wat jou sal wil oortuig dat jy nie klein gedoop kan word nie omdat jy nog nie glo nie. En die krokodil-kerke sal alles probeer om jou water toe te sleep, so asof die grootdoop mens red. Ek het al nare groot-gedoopte mense ontmoet. Nie die grootdoop of die kleindoop red 'n mens nie - net Jesus se bloed en kruisdood doen dit. En dis wat ons vandag vier en vra wanneer jy gedoop word. Ons vier nie vandag pappa of mamma se wonderlike geloof nie; ook nie jou geloof nie; ons vier net die Here se genade...en dis wat doop is. Grootdoop of kleindoop - dis wonderlike genade...

Comments
Post a Comment