Koffie...
Koffie...
Sy gaan enige oomblik nou teater toe. Ek het reeds vir haar gebid maar ek weet haar pa en ma het al baie vir haar gebid...en die Here was al by haar voordat een van ons gebid het. Ons veroorsaak nie Sy teenwoordigheid nie; ons erken dit net. Ek ry solank om vir ons almal koffie te koop. Ek het al baie koffies saam met baie verskillende mense in baie versillende hospitale gedrink. Daar is genesing in koffie - nie in die koffie self nie maar in die saam koffie-drink. Ek onthou hoe ek saam met 'n tannie in Unitas hospitaal gesit en koffie drink het en ons mekaar bemoedig het. Ek sal nooit al die koffies vergeet saam met my vorige kollega se familie in die wagkamer by Ancron hospitaal in Klerksdorp gedrink het nie - baie koffies en gebede en trane vir amper tien dae aaneen. Ek onthou hoeveel keer ek al vir iemand lekker vars filterkoffie hospitaal toe geneem het en net saam met hulle gekuier het. Daar sit baie omgee in koffie. Vir my is koffie drink meer as koffie en suiker en melk...dis die eenvoudigste vorm van 'n tafel; dis omgee, koinonia, bemoeding, versterking - dis heilige oomblikke. Dis saam-tyd. Dis vertrou-tyd wanneer jy klaar gebid het. Eendag, dink ek, gaan ons aansit by die groot tafel in die hemel, en koffie drink saam met Hom wat soveel tyd saam met mense om die tafel deurgebring het. Daardie dag sal koffie 'n nuwe betekenis hê, amper soos die potjie koffie op my ouma se stoof. Dit sal sê "welkom tuis - Ek het vir jou gewag", en ons sal tot laataand sit en koffie drink...

Comments
Post a Comment