Liewe kollega...
Liewe kollega...
Dis nou al 5 jaar dat jy nie meer hier is nie. Ek onthou hoe ons dag en nag in die wagkamer voor die intensiewe sorgeenheid gesit het. Dis eintlik waar ek jou familie regtig leer ken het. Ek het vas geglo die Here gaan jou gesondmaak maar Hy het nie. Ek en jy het so baie gepraat oor hoe groot die Here is maar ook hoe onverstaanbaar Hy is; min geweet dat ons Sy onverstaanbaarheid ook in ons eie klein kringetjie sou voel. Jou begrafnis was vir my die moeilikste een naas my eie pa s'n. Gelukkig moes ek dit nie self hou nie...'n "naby" kollega het dit gehou. Ek het daai dag gehuil soos ek jare laas gedoen het. Dis nou al 5 jaar later. Baie van die mense wat hier was toe jy nog hier was is ook al weg...26 stergevalle net in daai een jaar waarin jy weg is. Ek hoop hulle almal is daar...sterkte met party van hulle... Kollega, dit was 5 moeilike jare - veral laasjaar. Ek het ons Woensdagoggend-koffies so baie gemis...al die jare nooit besef hoe groot voorreg dit is om iemand te hê om mee te praat nie; iemand om saam met my die "shots" te vat; iemand wat saam kon beplan en saam probeer om die lewe uit te puzzle. Jy kon my kwaad maak soos niemand anders nie; ek was party dae so kwaad vir jou - ek is bly jy het dit nie toe geweet nie. Maar ten minste was jy daar. Jou foto hang in die konsistorie oppad na my kantoor toe...laasjaar so baie keer met jou foto gepraat asof dit jy is. En ek was laasjaar so baie keer kwaad vir jou dat jy my alleen gelos het met 'n hele gemeente. Dis nie maklik om twee mense se werk te doen nie. Ek gaan amper nooit meer weg nie want ek het nie 'n kollega wat vir my kan instaan nie. Jy sit lekker in die hemel en ek sit alleen met die gemeente - dit voel nie "fair" nie. God is onverstaanbaar. Ek mis jou, kollega. Ek hoop jy mis my ook. Eendag gaan ek ook daar wees, met my trompet en al. En ek hoop die gemeente gaan ook daar wees...noudat hulle net een "herder" het. Ek besef vandag dat twee herders beter is as een. Bid maar gereeld vir ons... Terloops, dit gaan goed met jou vrou - ons het uiteindelik vriende geword - so jammer dit moes so lank vat. En dit gaan goed met jou ma en jou sussie. Jou skoonma word oud maar sy is ok. Jou kinders is nou almal getroud en jy sal nie glo nie...jy is 'n oupa! En die gemeente...ek glo dit gaan ook goed. Ek dink tog jy sou trots wees op jou jong kollega...ek hoop so. Ek wou sommer net hallo sê, kollega. Groete vir almal daar...

Comments
Post a Comment