My boeta...
My boeta...
Hy slaap vanaand vir die derde aand in die selle. Hy is Vrydag gearresteer omdat hy 'n beskermingsbevel oortree het. Ek gaan maak 'n draaitjie by die selle, sommer net uit meegevoel (en jammerte) en om sterkte te sê. In my gedagtes sien ek hoe hy in sak en as sit; spyt oor die foute wat hy gemaak het en gereed om reg te maak en aan te beweeg. Ons almal maak foute en ons almal leef van genade uit die Groot Hand. Daar is nog 'n besoeker by die selle - 'n vriend van hom. Hulle noem mekaar sommer net "boeta". Hulle vertel net heeltyd van die groot plan waarmee "Vader" besig is. Soos Paulus ly hy ook vir sy geloof maar "Vader" het 'n groot plan. Dis 'n geestelike "journey" saam met "Vader". Die pa wat die beskermingsbevel gekry het om sy dogter te te beskerm sal ook nog tot inkeer kom en "Vader" leer ken. Dis alles net aanvalle van die bose... Ek luister hoe die twee "boetas" mekaar bemoedig en praat van die "journey" saam met "Vader". Tussen die lyne hoor ek die vlymskerp stekies na die gemeente en "daai groep". Ek luister net en besluit om nie te debatteer nie. Elke mens is geregtig op sy eie prentjie van God. Ek was nog nooit gemaklik met die "Vader" en "boeta"-taal nie. Maar dis elkeen se reg om anders daaroor te dink. Maar terwyl ek staan en luister het ek so begeerte in my hart om vir "boeta" te vertel dat hy nie in die selle sit omdat hy soos Paulus ly vir sy geloof nie: hy sit daar omdat hy 'n hofbevel oortree het; dat dit meer is as 'n avontuurlike geestelike journey - vra maar vir sy vrou en kinders wat baie seergekry het. Ek wil so graag vir "boeta" sê dat "Vader" dalk anders lyk as wat hy dink en dat "Vader" huil oor die sonde in ons lewens. Maak nie saak hoe goed jy vir "Vader" ken nie, Hy keur nie egbreuk goed nie en Hy haat sonde. Sy sonde en my sonde. Hy het Sy Seun gegee daarvoor. Die prys wat betaal moes word, is oneindig groot. Ek sê sterkte en stap uit die selle uit. My hart huil oor "boeta". Ek bid dat "boeta" in die selle weer sal besef wie God is en dat die selle dalk "Vader" se manier is om vir "boeta" te red....

Comments
Post a Comment