Ander kerk...
Ander kerk...
Sy is nou in 'n "ander kerk". Die ou wynsakke het plek gemaak vir nuwe wynsakke. Maar dis nog dieselfde wyn... Sy praat nou baie meer van die Here, gebruik nou nuwe woorde en terme, hou Bybelstudies by die werk (en verplig die personeel om dit by te woon). Sy glo nou net in grootdoop en steek met moeite haar hande in die lug. Sy getuig nou oral hoe goed die Here is en hoe voorspoedig dit met hulle "besigheid" gaan. Dis interessant dat dit altyd deel is van die getuienisse by die ander kerk. Dalk is dit die rede waarom so baie sakemanne daar aanbid? Ek gun elke kerk sy plekkie en elke Christen kan self besluit waar sy aanbid. Maar 'n nuwe wynsak maak nie die ou wyn nuut nie; nog minder word suur wyn weer soet. Vir die mense wat saam met haar werk, het niks verander nie - sy is 'n moeilike mens. En vandat sy nou by die ander kerk is, groet sy my ook met moeite. Ek kan nie help om te dink dat die wynsak nie die wyn verander het nie. Kerke (ook die kerk waarin ek is) is soos wynsakke. Wynsakke hou net die wyn. Nuwe kerke of ander kerke bring nie nuwe wyn nie. Nuwe wyn kom van die Heilige Gees: wedergeboorte, bekering, heiligmaking... Dis 'n lang proses soos wat wynmaak 'n lang proses is. En dis 'n seer proses: druiwe word wyn wanneer dit uitgetrap word. Daair is baie nuwe wyn in ou wynsakke en daar is baie ou wyn in nuwe wynsakke. Die groot uitdaging is nie die wynsak nie, maar die wyn. Jy kan van kerk na kerk swerf - dit sal nie die wyn soet maak nie. Dikwels ontstaan nuwe wyn nie in kergeboue nie maar in binnekamers. Ek is bly om te hoor van haar nuwe wynsak, maar ek en haar kollegas en almal wat haar ken sien uit om die nuwe wyn te proe...

Comments
Post a Comment