Dood...
Dood...
Dis Sondagoggend - die dag waarop Jesus opgestaan het. Sy is net oor die 80 jaar en lê op 'n hospitaalbed in 'n dorp hier naby. Haar hande is gevou oor haar bors. Sy wag dat Hy haar kom haal. Sy het nog altyd naby die Here geleef. Sy was ons gemeente se eie moeder Theresa. Sy het elke maand haar geldjies gestuur vir die sending en vir Bybelverspreiding. Woensdae het sy die vroue Bybelstudie gelei. Donderdae het sy naaldwerkklasse aangebied vir huiswerkers. En Sondae was sy op haar plekkie in die diakenbank. Sy was nog altyd sommer net God se kind. Gewone maar diep gelowige. Nou lê sy en wag dat Hy moet kom. Langs haar bed staan ek en my vrou, en haar dogter. Ons wag saam met haar. Haar hartklop word al hoe stadiger en haar bloeddruk sak stukkie vir stukkie. Sy praat nie meer nie; dis net 'n kwessie van tyd. Mens leer mettertyd om die tekens te lees en sommer net te wag. Dan is al die lesings skielik weg. Sy is weg. Haar lewe op aarde is verby. Sy het gewag en Hy het gekom - wens ons kon dit sien. Al wat ons met ons gewone mens-oë kon sien was die gewoon menslike sterfproses. Maar vir die eerste keer in my lewe was die dood vir my mooi. Dit was so natuurlik. Sy het gewag en Hy het gekom. Die koringkorrel het gesterf maar aan die ander kant het die saad ontkiem. Al wat oorgebly het was 'n lewelose aardse liggaam, die bewys dat sy verhuis het. Daardie Sondagoggend, op die dag van die opstanding, het ek self ook my vrees vir die dood oorwin. En as ek kan kies, sal ek ook eendag so natuurlik en gereed wil vertrek, met net my naaste mense by my. En wie weet, dalk is die Here my genadig en kan ek ook sterf op 'n Sondag, die dag van die opstanding...

Comments
Post a Comment