Job: anders...
Job: anders...
Job 1:21-22
“Sonder iets het ek in die wêreld gekom en
sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys
die Naam van die Here.” Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt
nie.
Job het
gerou soos alle ander mense van sy tyd: plat op die grond met geskeurde klere
en geskeerde hare. Daar is egter ‘n verskil: terwyl Job met sy geskeurde klere
en geskeerde hare plat op die grond lê, prys hy steeds die Here (vers 21). Hy
sondig nie en hy verwyt nie die Here nie (vers 22). Hier lê die groot verskil
tussen mense wat die Here nie ken nie en mense wat Hom ken. Die pyn en seer is
vir almal dieselfde, maar die Here se kinders reageer anders wanneer die lewe
hulle seermaak.
Elke mens
reageer anders op dit wat met hulle gebeur, veral ten opsigte van verliese. Ongeag
ons eie pereoonlikheid en haneringsmeganismes, Job leer vir ons ‘n belangrike
les, naamlik om ook teenspoed en verliese
te aanvaar . Paulus sluit baie jare later aan hierby (Fil 4) wanneer hy
skryf dat hy geleer het om tevrede te wees met sy situasie – dit nogal terwyl
hy in ‘n tronk sit vir sy geloof. Dit vra mannemoed om die Here te prys selfs wanneer dit sleg gaan. Job het dit
gedoen. Paulus het dit ook gedoen. Ons kan dit ook doen.
Here, as
ons seerkry sê ons baie keer dinge waaroor ons later spyt is. Help ons om U steeds te loof selfs wanneer ons seerkry
of verliese ervaar. Dankie dat U steeds by ons is in sulke tye. Amen
- Geskryf vir die manne-dagboek: Manne van die Woord (2018)
Comments
Post a Comment