Job: geseënd...
Job: geseënd...
GESEEND MET BAIE (Job 1)
Job 1:1-3
In die land Us was daar 'n man met die naam
Job. Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy. Hy het sewe
seuns en drie dogters gehad en was ook die eienaar van sewe duisend stuks
kleinvee, drie duisend kamele, vyf honderd paar trekosse, vyf honderd donkies
en baie slawe. Onder die mense in die ooste was hy die belangrikste man.
Job het
ongeveer 2000 jaar voor Jesus geleef, naastenby in dieselfde tyd waarin Abraham
en Sara gelewe het. Die Bybel vertel vir ons dat hy ‘n ryk man was: hy het baie
vee, slawe en besittings gehad. Maar meer as dit – hy het ‘n vrou en tien
kinders gehad. Die Bybel beskryf hom as ‘n skatryk man. Tussen die mense van sy
tyd was hy die belangrikste man. Ons besittings en ons rykdom is ‘n gawe uit
die Here se hand. Job se grootste rykdom was egter nie sy besittings nie, maar
sy tien kinders – dit kan ons duidelik agterkom wanneer hy later alles verloor
– dit word laaste genoem en daarna gaan sit Job op die ashoop. Ware rykdom word
nie gemeet in rand en sent nie. Dis wonderlik om baie besittings te hê, en dit
kan ‘n groot seën wees, maar die mense wat aan ons toevertrou is, oortref al
die ander besittings in waarde. Dikwels besef nie wat jy het totdat jy dit
verloor nie. Jou besittings is ‘n groot gawe; jou gesin is nog ‘n groter gawe
van die Here.
Here,
dankie vir alles wat U vir my gegee het: al my aardse besittings maar veral my
gesin. Dankie dat U my so seën. Help my om hulle te waardeer en te geniet. Amen
- Geskryf vir die manne-dagboek: Manne van die Woord (2018)
Comments
Post a Comment