Vryheidsdag...
Vryheidsdag...
Dis 27 April, Vryheidsdag. Ons vier vandag dat ons vry is van apartheid. Dis al 21 jaar - 'n mens sou kon sê dat die nuwe Suid-Afrika vandag mondig geword het. Eintlik het dit drie jaar gelede mondig geword. My een seun is al mondig, en die ander een word binnekort mondig. Hulle is nie heeltemal "groot" nie, maar hulle is beslis nie meer klein nie. Die nuwe Suid-Afrika is ook beslis nie meer "klein" nie. Op 21 moet jy kan pa-staan vir jou optrede, ongeag hoe moeilik jou kinderjare was. Maar ek is nie seker of ons nuwe landjie al optree soos iemand wat mondig is nie. Laas week was die hospitale toe en siek mense moes leë hande huistoe gaan. In die afgelope week is R254 miljoen se skade by 'n tolhek gedoen. Oral sien ons weer die prentjie van motorbande wat brand - 'n simbool van protes en opstand. Die onreg wat eers teen gekleurde mense gepleeg is, word nou teen siekes en armes gepleeg; nou nie meer wit teenoor swart nie maar swart teenoor swart (en wit). En ons vier Vryheidsdag oral in ons land: groot saamtrekke, goeie opruiende sprekers, massas mense... Ek kan nie help om te dink dat ons nie idee het wat vryheid is nie. Dis net 'n nuwe soort onderdrukking deur 'n nuwe onderdrukker. Steeds word die siekes en die swakkes uitgebuit deur die mense met mag. 'n Vis kan nooit vry wees buite die visbak nie - dis noodlottige vryheid. Ons land sal eers vry wees as die Here ons vrymaak: vry van die verlede maar ook vry van die hede; vry van ons eie ego en vry van selfgesentreerdheid. Ons is nog nie vry nie. Hopelik gaan ons eendag werklik vry wees - dan sal ek ook op die stadion wees om Vryheidsdag saam te vier...

Comments
Post a Comment