Aasvoël

AASVOëL

Hy kom land elke nou en dan
net voor ses
twintig oor sewe
twintig voor agt
en vanmiddag twintig oor vier
en twintig voor vyf
en vreet gulsig stukke vleis
uit die karkas
van 'n stukkende vriendskap
en vlieg met 'n vermaaklike grynslag
weer na die ooste
net om vanaand tien uur
en elf uur
weer te land vir 'n laaste stuk vleis
uit die karkas van 'n dooie vriendskap
en vlieg vir oulaas
met 'n grynslag weg
na die ooste
en glo niemand
weet
want soggens is sy landing ongesiens
maar van na vier
sit sy spore hier...


Comments

Popular posts from this blog

Reünie

Vir Johanette...