Agterdog

Agterdog

Jy sê ek moet die agterdog los
en vertrou
en aanbeweeg
Jy weet mos
ophou kyk
en wonder
maar hoe los jy
Cholesterol
of hipertensie
want soos MIV
is daar geen medisyne
vir die dodelike siekte
wat my opvreet van binne
en elke glimlag steel
my toesluit in 'n donker sel
van angs en hel
wat jy vir niemand
kan vertel...

Comments

Popular posts from this blog

Reünie

Vir Johanette...