Begrafnis
Begrafnis
Ek gaan begrafnis hou -
die lewe saam met hom was hel
dae en dae se seerkry
te veel om op te tel
Hulle sê 'n mens behoort te huil -
die dood is nie 'n grap
maar ek sal graag met die hamer
'n laaste spyker in wil kap
Die kis lyk besonder mooi
waarin hy ongemaklik lê
kan nie wag om hom toe te gooi
en finaal totsiens te sê
Ek bêre die oorskot
ses voet diep in die aarde
en bid dat hy lank sal rus
vir ontelbare jare
Die grafsteen lyk so mooi
hier rus oorlede agterdog
uiteindelik heengegaan
om nooit weer op te staan
Ek gaan begrafnis hou -
die lewe saam met hom was hel
dae en dae se seerkry
te veel om op te tel
Hulle sê 'n mens behoort te huil -
die dood is nie 'n grap
maar ek sal graag met die hamer
'n laaste spyker in wil kap
Die kis lyk besonder mooi
waarin hy ongemaklik lê
kan nie wag om hom toe te gooi
en finaal totsiens te sê
Ek bêre die oorskot
ses voet diep in die aarde
en bid dat hy lank sal rus
vir ontelbare jare
Die grafsteen lyk so mooi
hier rus oorlede agterdog
uiteindelik heengegaan
om nooit weer op te staan
Comments
Post a Comment