Sentrale
Sentrale
Die vrou in die sentrale
ken almal se verhale
van mense se lief en leed
waarvan niemand anders weet
sy ken die agterdog en seer
net sy kan die seerkry keer
Ek bewonder die vrou in die sentrale. Sy sit met die drade van ons lewens in haar hand en besluit wie praat met wie. Sy druk die drade in die gate en verbind ons met mekaar of sê met 'n grynslag: jammer, probeer maar weer. Sy moet versigtig werk dat die lyne nie kruis want niemand moet van niemand weet - elkeen moet glo dis net hy. Daarom spasieër sy die opsoepe - tien minute uit mekaar, of om seker te maak, twintig minute of selfs 'n halfuur - die lyne mag net nie kruis. Ja, sy hou die drade van ons lewens in haar hand...

Comments
Post a Comment