Dis 6uur Saterdagoggend – ek sit in my kantoor. Ek moet werk aan more-oggend se erediens. Gisteraand se Reünie maal in my kop. Ek het lanklaas so lekker gelag en ek het mense sien lag wat lanklaas gelag het. Dit was bevrydend. Ons het gelag vir die lewe, vir onsself, vir die ander mense. Lag doen ’n mens goed. Maar ek het ’n paar keer amper ook gehuil. Die reünie wat Dana Snyman beskryf en Frank Opperman so meesterlik opgevoer het, vertel vir ons iets van ons eie wêreld – ’n baie stukkende wêreld. Die prentjie van die verskillende mense by die reünie is ’n prentjie van ons eie wêreld – selfs van ons eie dorp. Dit ruk ons weg van die religieuse kerkwêreld waarin so maklik ’n kokon-betaan voer na ’n wêreld waar almal nie so “ok” is nie. Boesman se storie het my in die hart gegryp. Ek dra maandeliks by vir ’n fonds vir oud weermaglede, soos hy, wat nie kan “cope” nie. Sy taal en swetswoorde het my nie afgesit nie – dis hoe daardie manne praat. Die oorlog het hulle geleer om so te praat....
God se hande PSALMS 89:14 "U het 'n magtige arm, sterk is u hand, kragtig u regterhand". Hande fassineer my. Ek kyk graag na mense se hande. Elke mens se hande lyk en voel anders. Soms vertel mense se hande iets van hulle lewensstorie. Mans wat met hulle hande werk, het dikwels groot, growwe hande. Musikante het dikwels fyner, sagter hande. Ek sal nooit oom Jantjie se hande vergeet nie. Hy was diep in die tagtigs. Wanneer ek hom met die hand groet, het my hande weggeraak in sy reuse hande. Maar dit was die sagste hande wat ek ooit by 'n man gesien het. Liefdevolle hande. Oom Kinnie se hande was groot en sterk. Hy het vroeër in die myn gewerk en daarna met yster gewerk. Dit was sterk maar liefdevolle hande - hande wat jou laat veilig voel het. My ma se hande was krom en effens verwronge. Jare se artritis het haar klein sagte hande verander in ongemaklike, seer hande. Dit was hande wat hard gewerk het en alles vir haar kinders gedoen het. Die Bybel praat dikwels v...
Comments
Post a Comment