Posts

Showing posts from July, 2023

Veilige Vaderarms

Toe ek klein was, het ek gedink dat alle kinders veilig voel by hulle ouers - dis tog wat ouers doen. Hulle laat hulle kinders veilig voel. Soos wat ek ouer word, het die skok en ontnugtering gekom: huise waar dit nie veilig by pappa is nie. Huise waar pappa vir mamma slaan of waar pappa sy eie kind mishandel? Huise waar pappa's hulle eie kinders molesteer? Huise waar kinders in vrees leef vir hulle pappa - kan dit wees? Dis die nare werklikheid van 'n stukkende wêreld. Die Bybel stel ons voor aan 'n ander soort Vader. Hierdie Vader het Sy kinders lief tot die dood. In Hosea 11 lees ons hoe hierdie Vader oor Sy kinders voel: Hosea 11:1-5 "Toe Israel nog 'n kind was, het Ek hom al liefgehad, en Ek het hom, my seun, uit Egipte geroep...Ek self het Efraim leer loop, Ek het hulle op my arms gedra ... Ek het hulle met sorg en liefde gelei ... Ek het na Efraim toe afgebuk en hom gereeld kos gegee..." Selfs wanneer Sy kinders ongehoorsaam is en hulle rug op Hom draai...

Om weg te loop...

Om weg te loop... Ek dink almal van ons het op een of ander stadium gevoel dat ons wil wegloop - sommer net ons tassies pak en loop. Dit gebeur nogal gereeld met kleiner kinders. Meesal wil kinders wegloop omdat hulle kwaad of vies is vir hulle ouers. Lukas 15 vertel die verhaal van ‘n seun wat weggeloop het. Hy het vir sy pa sy deel van sy erfporsie gevra en vertrek na ‘n ver land – weg van sy pa af. As ‘n mens Luk 15 lees, kan jy nie help om raak te sien dat die seun se pa ‘n goeie pa was nie. Tog was sy seun nie gelukkig nie, en het hy besluit om weg te loop. Hy het gedink dat die lewe buite sy vader se huis beter sou wees: lekkerder, avontuurvol en vry. Op ‘n harde manier het hy geleer dat die lewe daar ver nie so wonderlik is nie. Daarom het hy teruggegaan na sy vader toe. Sy vader het hom met ope arms ontvang. Dikwels gaan ouers deur ‘n klomp seer omdat hulle kinders nie noodwendig raaksien wat hulle ouers vir hulle doen en gee nie. Dikwels voel ouers dat hulle dit nie gemaak het...

Ons Vader...

  Ons Vader… “So moet julle bid: ‘Ons Vader wat in die hemel is…’” (Mat 6:9) Ek drink gister koffie saam met ‘n pappa. Hy vertel vir my dat hy onlangs na ‘n foto van sy seun kyk en dink: ek is so lief vir jou. Enige pappa sal dit verstaan. Ek sien hoe Anton vir klein Leon vashou – Leo is nog klein maar hy weet al hy is veilig by sy pappa. Ek dink ver terug: hoe ek soms verby die skool gery het net om te sien of ek my kinders sien en of hulle gelukkig lyk. Dis die hart van ‘n pappa. ‘n Goeie pappa sal alles vir sy kinders doen. As Jesus vir ons leer om te bid, leer hy ons om vir God “pappa” of “vader” te sê. Ek het nooit besef hoeveel betekenis daar in hierdie woord is, totdat ek self ‘n pappa geword het nie. Ek weet hoe lief ek vir my kinders is en dat ek alles vir hulle sal doen en gee. God is ‘n baie groter en beter pappa as ek – Hy wil vir Sy kinders nog meer doen en gee. Hy wil vir Sy kinders voorspoed gee, nie teenspoed nie (Jer 29:11). Wanneer ek my oë toemaak en bid ...

'n Kort gebed

  ‘n Kort gebed Mat 6:7-8 “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. In Matteus 6 leer Jesus Sy dissipels om te bid. ‘n Mens sal verwag dat dit ‘n baie lang lesing moet wees met hoofstukke, paragrawe, onderafdelings, ens. Maar dis juis nie so nie. Om die waarheid te sê, dis ‘n baie kort gedeelte (10 verse) en ‘n baie kort gebed. In daardie tyd het sommige Jode die gewoonte gehad om êrens op ‘n straathoek te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dan het hulle lang en indrukwekkende gebede gebid sodat die mense hulle moes bewonder daarvoor. Ek onthou ‘n sekere oom in die gemeente waar ek grootgeword het, wat ook graag sulke lang en indrukwekkende gebede gebid het. Vir ‘n lang tyd het ek geglo dat ek nie hardop kan bid nie, want ek is...