Om gelukkig the wees (3)

Om gelukkig te wees…

Jare gelede het ‘n Engelse tydskrif ‘n kompetisie uitgeskryf om te kyk wat mense gelukkig maak. Die meeste dinge wat mense in hierdie kompetisie genoem het, was gewone, eenvoudige dinge – dinge wat ‘n mens maklik kan miskyk, soos om jou baba the bad. Die vreugde van die lewe lê meesal in gewone, alledaagse dinge. Ons het hierdie week sover gesê dat (lekker) kos ‘n mens gelukkig maak en dat ons kinders ons gelukkig maak. Vandag gesels ons oor ons HUWELIKSMAATS.

Die prentjie van Adam in Genesis 2 was maar ‘n droewige prentjie: die mooiste tuin tussen vier mooi riviere, maar stoksielalleen. Die Bybelskrywer beskryf dit mooi: “…maar vir homself het hy nie ‘n helper, ‘n gelyke gekry nie.” Dan volg die mooi verhaal waar die Here die vrou vorm en haar na die man toe bring. ‘n Mens kan amper die opgewondenheid in Adam se stem hoor: “Hierdie keer is dit een soos ek!” (ek wens ek kon sy gesigsuitdrukking en sy glimlag sien – dalk het hy selfs gefluit!)

Dis ‘n voorreg om ‘n huweliksmaat te hê. Dit behoort een van die gelukkigste plekke op aarde te wees. ‘n Huwelik behoort ‘n voorsmakie van die hemel self te wees. Dit behoort die plek te wees waar al 5 behoeftes wat Maslow genoem het, aangespreek word.

Ek onthou ‘n liedjie uit my kinderjare van oupa en ouma Dugan en dan klink die refrein so: “They’ve been together so long – it’s no wonder there love is so strong. They think the world of each other and that’s why they’re so admired by their friends.”

Die skrywer van Hooglied skryf op ‘n poëtiese manier oor huweliksliefde en die vreugde van intimiteit in die huwelik (vergewe maar as ek dit hier noem maar dit kom uit die Bybel 😊).
Hoogl 8:10 “Ek is ’n muur, en my borste is soos torings. Daarom is ek vir die man wat ek liefhet iemand wat hom gelukkig maak.” 

Huweliksmaats kan mekaar gelukkig maak. Huweliksmaats behoort mekaar gelukkig te maak – ook seksueel. Ons intieme lewe behoort vir ons baie vreugde te verskaf.  En dit is hoe die Here dit bedoel het.

Sê vanoggend vir die Here dankie vir jou huweliksmaat. Besluit opnuut om saam met jou huweliksmaat die lewe te geniet, om gelukkig te wees en mekaar gelukkig the maak. Sê vir die Here dankie as jy ‘n gelukkige huwelik het, of ‘n gelukkige huwelik gehad het. Koester die mooi herinneringe. As jy alleen is (soos Adam alleen was) en ‘n lewensmaat begeer  – mag die Here iemand wonderlik op jou pad stuur.

Gelukkige dag!
Coenie

https://youtu.be/UdvY8MO284c?feature=shared

Comments

Popular posts from this blog

Reünie

Vir Johanette...