Groot Lydensweek - Donderdag
Dit was Donderdag – twee duisend jaar gelede. Israel was gepak met al die besoekers. Uit al die dorpe en stede van Israel het mense na Jerusalem gekom vir die paasfees. Daar was nie plek vir ’n muis nie. Hulle kom vier dat die Here hulle uit Egipte bevry het. Hulle onthou die bloed aan die deurkosyne en die verlossing uit Egipte. Elke gesin bring ’n lam of ’n duif saam wat by die tempel geoffer gaan word. Daar word bereken dat daar ongeveer 25 000 lammers elke jaar by die paasfees geslag is. Mense wat van ver af kom het geld saamgebring en in Jerusalem ’n lam gekoop. Soms het twee of drie gesinne saam een lam geoffer. Dis ’n feestelike dag. Op daardie oggend stuur Jesus twee dissipels vooruit na Jerusalem om hulle groepie se paasmaaltyd ook voor te berei – net soos al die ander mense. Die maaltyd begin wanneer die eerste drie sterre in die hemelruim verskyn – dit word aangekondig deur ’n basuin wat geblaas word. Maar daardie aand, by die paasmaaltyd, ontstaan daar ’n stry...