Kyk daai tannie se hare!
In die afgelope week, terwyl Tersia by die kassier in die supermark staan, hoor sy die dogtertjie agter haar in die ry. "Mamma, kyk daai tannie se hare!", sê die dogtertjie vir haar ma en beduie na Tersia. Haar ma help haar saggies reg: "Sjuut, mamma het jou mos geleer mens kan dink wat jy wil maar nie sê wat jy wil nie". As ons eerlik wil wees, moet ons erken dat ons almal heeltyd waarneem. Ons sien mense met baie hare; ons sien kaalkoppe. Ons sien maer mense en vet mense, kort mense en lang mense. Ons sien mense van verskillende kleur en postuur. Een van ons kinders het kleintyd na 'n Chinese seuntjie in 'n winkel gewys en gevra waarom sy oë so "skrefies" is. Dis normaal om waar te neem en te ontleed. En dis nie verkeerd nie. Elke mens lyk anders. Die Bybel vertel byvoorbeeld dat Lea sagte oë gehad het; Ragel het 'n mooi lyf gehad, Esau was harig; Dawid was rooi van velkleur, Salomo was mooier as almal en Moses het gehakkel. In een van die ...